Lewensenergie & Kern Identiteits Program


Bespreek jou AANLYN sessie vandag!

Groep

4 Dag Groep Werkswinkel 

Verminder angs met 60% in 4 dae sonder medikasie..

 

Individuele

 Intensief vir 

individue

3 volle dae individuele program om angs te verminder met 60% sonder medikasie

Aanlyn intensief 10 week  program

Aanlyn Intensief

10-weke intensiewe aanlyn program.

Aanlyn

6 week program

Basiese Aanlyn program

6 week aanlynprogram.

Heling en Groei

'n Drie-stap-program om ons van angs en depressie te begelei na 'n plek van heelheid en vreugde.

'n Lewensenergie -program om angs te verminder met 60% binne 4 dae

  • Probleme / simptome as groei geleenthede

    Kry 'n presiese padkaart  om ontslae te raak van angs met beproefde gereedskap, en sonder medikasie.

  • Bewussyn

    Ons sit so vasgevang in ons probleme, dat  ons nie bewus is van ons onbeperkte potensiaal om ons eie werklikheid te skep nie.

  • Verander wanopvattings en reguleer emosies

    Kragtige tegnieke is beskikbaar om wanopvattings mee te konfronteer en om ons hart en brein in samevloeiing te bring, om die  gevolge van angs te oorkom.

  • Verbind weer met Self

    Ons voel verlore en onseker oor wie ons is. Simptome is net die boodskapper van jou siel om dieper genesingswerk te doen en jou outentieke self te herontdek.

  • Slagoffer Driehoek

    Ons dink ons is slagoffers van ons omstandighede en dat daar geen uitweg is nie. Slagoffer Driehoek is die basis van baie van ons angs.. Ons kan ontsnap

  • Energie

    'n Simptoom is ook 'n teken van geblokkeerde energie. Wonderlike gereedskap is beskikbaar om jou natuurlike Kernenergie vry te laat vloei.

Voordele wat die Lewensenergie &
Kern Identiteitsprogram jou kan bied:

  • Sukkel jy miskien om snags te slaap omdat jy gedurig angstig is en voel dat jy beheer oor jou lewe verloor het?

  • Miskien voel jy soos 'n mislukking en is jy bang dat jy nie vir jou gesin kan sorg nie en selfs jou werk kan verloor.

 

Die meeste mense hou net aan en probeer harder en hoop op 'n eksterne oplossing, soos medisyne, om hul probleme mee op te los. Miskien is ons bang om te erken dat ons hulp nodig het, of is ons net nie bewus daarvan dat ons gehelp kan word nie..

 

Waarvan ons bewus moet raak:

 

  • Wat sal gebeur as jy net harder probeer, die simptome ignoreer en nie optree nie?

  • Watter verskil sal dit maak as jy NOU inspring en die voordele ervaar van vry wees van angs by die werk en tuis.

  • Dat daar mense is wat omgee en wil help


Ek het 25 jaar lank mense gesien wat sukkel met angs en depressie. Hulle is gewoonlik in verantwoordelike posisies, nog steeds by die werk, maar voel dat hulle beheer verloor. Hulle is dikwels perfeksioniste en voel soos 'n mislukking en vrees dat hulle hul inkomste sal verloor en miskien 'n senuwee-ineenstorting of uitbranding sal beleef. Dit sou soveel beter wees as hulle vroeg in 'n terapeutiese proses kon betrokke raak en hul simptome in 'n groeigeleentheid kon vertaal en gebruik.

Ek kan  belowe as mense bereid is om deel te neem aan 'n persoonlike transformasie proses, met die bedoeling om hul spanning en angs te verminder, en bereid is om op 'n dieper vlak te werk, hulle kan verander en meer ontspanne en vreugdevol word. Dit kan 'n ware "Hero's Journey" word!

 

Hoe ek bogenoemde belofte kan maak, is:

  • Deur 'n veilige omgewing te skep om 'n probleem in 'n groeigeleentheid te omskep,
  • Sowel as jare lange ondervinding om mense te help om te groei en te genees.
  • En voortdurend  die nuutste inligting en navorsing oor terapie ondersoek en bywerk..
  • En deur middel van die 4 dae Lewensenergie en Kern Identiteits-program waar angstige, stresvolle mense hul angstigheid binne 4 dae met 60% kan verminder sonder medikasie.

 

Een van my kliënte was so angstig  vanweë 'n lewensgebeurtenis, dat sy  nie by die werk of tuis gefunksioneer het nie. Sy moes eintlik in 'n hospitaal opgeneem geword het, maar In plaas daarvan het sy die Lewensenergie en Kern Identiteits-program deurloop. Binne vier dae het sy weer hoop gekry en haar angs met 60% verminder sonder  medikasie en kon sy weer funksioneer!

Ontdek jou ware self en laat jou 

energie vrylik vloei.

Wat as ek jou vertel dat jou probleem eintlik 'n groot groeigeleentheid inhou en as jy die goud daarin kan ontdek, sal jy verbaas wees oor hoe nuttig die simptoom kan wees deurdat dit jou sag maar dringend na groei en genesing  stoot?
Dit gaan daaroor om jou Helde Reis voort te sit, maar hierdie keer met meer gereedskap, beter toegerus met 'n padkaart in jou knapsak!